Tyd vlieg (selfs in spitsverkeer) met pod-sendings

Ek verpes dit om in die verkeer te sit. Dit is ’n mors van tyd, ’n geestelose aktiwiteit met lustelose mense in die motors rondom jou. Wel, ek hét dit altyd verpes om in die verkeer te sit. Maar daar is ’n oplossing om hierdie “dooie” tyd van die dag beter te benut: podcasts. Podcasts… Lees meer Tyd vlieg (selfs in spitsverkeer) met pod-sendings

Praat jy emoji? Dis ’n taal in eie reg

Dis ’n taal wat ons daagliks praat al is ons nie bewus daarvan nie: emoji’s. Dis ’n taal met ’n interessante verhaal. Emoji’s daai gesiggies, hartjies en diere wat jy kort-kort op Whats­App, Facebook en SMS stuur om ’n spesifieke gevoel direk en korter oor te dra. Dit ís ’n taal – nie ’n tradisionele… Lees meer Praat jy emoji? Dis ’n taal in eie reg

Hier is planne met al jou e-rommel wat ophoop

E-rommel is die soort rommel wat die vinnigste in die wêreld toeneem. E-Waste, oftewel elektroniese rommel, is ou elektroniese toestelle wat uitgegooi word omdat die tegnologie vinnig verbeter en verbruikers graag nuwe toestelle koop. Dink aan daai ou Nokia 3310, ou televisie of groot rekenaarskerm wat stof vergaar by die huis. Hoewel jy daai toestelle… Lees meer Hier is planne met al jou e-rommel wat ophoop

Maak ’n ‘drådlose’ verbinding

Bluetooth is een van die tegnologieë wat die afgelope paar jaar ’n terugkeer gemaak het – van oorfone tot selfiestokke gebruik hierdie tegnologie wat sowat 20 jaar gelede bekend gestel is om draadloos te kommunikeer. Die nuwe iPhone 7 kom slegs met Bluetooth-oorfone. Die iPhone kom wel met ’n spesiale passtuk waarmee jy ouer oorfone… Lees meer Maak ’n ‘drådlose’ verbinding

Word vinnig tegno-slim met dié handige gids

Soos enige nismark is daar sekere terminologie wat joernaliste soms aanneem die leser ken. Om die terme na te speur, kan tot meer vrae as antwoorde lei. Hier is ’n basiese gids van terme wat jou sal help om sin te maak van tegnologie. Browser Jou browser, in Afrikaans jou webblaaier, is die sagteware wat… Lees meer Word vinnig tegno-slim met dié handige gids

Vinnige vingers vir flaters

Die omstrede skermgreep van Margaret van Wyk se bydrae op die “hokkie-ouers”-WhatsApp-groep het ’n paar belangrike tegnologiese vrae na vore gebring. As jy dit gemis het: Margaret van Wyk van Schweizer-Reneke, Noordwes, het ’n foto van haar geslagsdeel op ’n WhatsApp-groep vir die skool se hokkie­ouers gedeel. ’n Skermgreep van die gesprek en memes wat… Lees meer Vinnige vingers vir flaters